Subscribe by Email

DA win ‘n regsmening in oor Hlaudi Motsoeneng se posisie by die SAUK

james-selfe_pDie Demokratiese Alliansie win ‘n regsmening in oor Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as uitvoerende groepshoof vir korporatiewe sake by die SAUK. Die korporasie se raad het die aanstelling gister aangekondig. James Selfe van die DA sê die spoed en oënskynlike geheimhouding rondom die proses laat vrae ontstaan oor die geloofwaardigheid daarvan nadat die Appèlhof beslis het dat Motsoeneng se permanente aanstelling as uitvoerende groepshoof ongeldig was.

Die Vryheidsfront-Plus het intussen Openbare Beskermer Thuli Madonsela se besluit verwelkom om te ondersoek of Motsoeneng geskik is vir sy huidige posisie. Woordvoerder Anton Alberts sê die VF-Plus het die openbare uitsaaier gevra vir spesifieke inligting om vas te stel hoeveel skade hy in sy vorige posisie aangerig het.