Subscribe by Email

DA wil appelleer oor die uitspraak in die Jiba-saak

706x410q70stephen-jiba-subbedmDie Demokratiese Alliansie het bevestig dat hy gaan aansoek doen om verlof tot appèl teen die Wes-Kaapse Hooggeregshof se besluit dat ‘n adjunkdirekteur van Openbare Vervolgings, Nomgcobo Jiba, nie geskors moet word nie. Die hof het gister uitspraak gelewer. Die DA se skaduminister van Justisie, Glynnis Breytenbach, sê die party meen die saak is ernstig genoeg dat daar ‘n goeie kans is dat ‘n ander hof ‘n ander besluit kan lewer. Jiba is vroeër beskuldig van meineed.