Subscribe by Email

DA vra ‘n ondersoek na Danny Jordaan

Danny+Jordaan+XXXDie Demokratiese Alliansie het Openbare Beskermer Thuli Madonsela gevra om ondersoek in te stel na die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap, Danny Jordaan. Die DA beweer hy het opdrag gegee dat voormalige DA-raadslede wat by die ANC aangesluit het, steeds hulle munisipale salarisse moet kry al was hulle nie meer daarop geregtig nie. Die DA sê sy regspan gaan strafregtelike klagtes ondersoek en die polisie nader om ‘n saak te open indien dit nodig is, want dit kom neer op die blatane misbruik van openbare geld en politieke inmenging.