Subscribe by Email

DA vra dat die verhouding tussen Eskom en ‘n Gupta-maatskappy ondersoek word

000_Par7510936(1)Die leier van die Demokratiese Alliansie, Mmusi Maimane, het Openbare Beskermer Thuli Madonsela versoek om die omvang van haar toekomstige ondersoek na staatskaping uit te brei om die verhouding tussen Eskom en ‘n Gupta-maatskappy, Tegeta, in te sluit. Sondagkoerante het berig dat Eskom in April ‘n kontrak van 564 miljoen Rand aan die maatskappy toegeken het vir die voorsiening van steenkool en dit daarmee van sakeredding gered het. Maimane sê dit is nog ‘n verwikkeling in die vlaag onderduimse verhoudings tussen die staat, die Gupta-familie en president Jacob Zuma se familie.

Eskom het die bewering verwerp en sê al sy kontrakte, insluitend die een met Tegeta, is deeglik geoudit deur verskeie agentskappe, insluitend die Nasionale Tesourie. Volgens woordvoerder Khulu Phasiwe voorsien ses maatskappye steenkool aan Eskom en kry almal ‘n regverdige kans, maar verkies die media om net op een van hulle te fokus.