Subscribe by Email

DA veroordeel die moord op een van sy wyksraadslede

1e878985049c4276a40d043a2060de51Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap het die moord op een van sy wyksraadslede veroordeel. Johannes Baadjies is op Postmasburg doodgeskiet en ‘n passassier wat by hom was, ernstig gewond. DA-woordvoerder Andrew Louw sê die moord het vermoedelik ‘n politieke motief aangesien Baadjies doodsdreigemente gekry het nadat hy wyk twee op Daniëlskuil by die ANC afgeneem het. Hy sê die party sal nie toelaat dat lafhartige dade deur gesiglose boewe hom laat ontspoor om korrupsie uit te roei, werk te skep en dienste te lewer nie.