Subscribe by Email

DA vereis verduideliking oor Zuma se korrupsie standpunt

mmusi maimane1

Die parlementêre leier van die DA, Mmusi Maimane gaan ‘n skrywe aan President Jacob Zuma rig om ‘n verduideliking te eis oor wat hy noem sy kommerwekkende standpunt oor korrupsie.

Dit volg nadat naweekkoerante berig het dat Zuma in 2009 in sy vertoë aan die Nasionale Vervolgingsgesag gesê het dat korrupsie slegs in die Westerse paradigma bestaan.

Maimane sê dit wil voorkom asof die president korrupsie beskou as iets wat sonder enige gevolge onder die mat ingevee kan word.

Hy sê dit laat vrae ontstaan oor Zuma se erns elke keer wat hy sy verbintenis tot die bekamping van korrupsie aankondig.

Na wat berig word het Zuma se prokureurs destyds aangevoer dat korrupsie ‘n oortreding is wat nie slagoffers het nie.

Die NVG-dokument verwys nab bl.78 van Zuma ser vertoë: “Die Amerikaanse Staat vs Nixon word aangehaal oor die vraag of die president aanspraak kan maak op uitvoerende vrywaring teen ‘n dagvaarding om die Watergate-bande te oorhandig.”

Hier word verwys na ‘n saak van die VSA se appèlhof, waarin Nixon aangevoer het dat ‘n president algehele vrywaring van die regterlike proses geniet en hy gevolglik nie bande wat hom geïmpliseer het aan ondersoekbeamptes moes oorhandig nie.

Billy Downer, die aanklaer, het gesê dis opvallend dat vrywaring (in Nixon se saak) nie toegestaan is nie.  ‘n Ampsklag het gedreig en hy het bedank.”