Subscribe by Email

DA se arrogansie grens aan disinformasie en leuens

“Die DA moet daarteen waak om homself nie as ‘n grootbek-party te skilder wat van selfvoldaanheid oorloop deur belaglike verwagtinge te koester en daaroor af te snater nie,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP), ds. Theunis Botha.
“Ons verstaan dat die DA probeer om opposisiestemme op homself te verenig deur ander opposisie as negeerbaar-nietig te skets, maar die werklikheid is dat sulke partye ‘n nismark verteenwoordig van mense wat sterk oor hul beginsels voel, en nooit vir die DA sal stem nie.
“Die DA moet daarom versigtig wees met wie dit skoorsoek, aangesien dit van kardinale belang kan wees wanneer daar oor ‘n koalisie gevorm moet word, soos in die onwaarskynlike geval wanneer die ANC en hul koalisievennote hul volstrekte meerderheid in die Tshwane-raad verloor. Ander partye het ook al ergerlik op hierdie onbehoorlike gespoggery gereageer.
“Om nou te spog dat die DA die Tshwane-raad met ‘n volstrekte meerderheid kan wen, klink maar soos ego’s van grootbek-praatjies sedert die DA tot stand gekom het, en wat nog selde meer as ‘n derde van die stemme opgelewer het.
“Verskeie areas met sterk ANC-steun is tot die Tshwane-area bygevoeg wat dit nog meer onwaarskynlik maak dat die DA beheer sal kan oorneem. Die CDP doen ‘n beroep op kiesers om te stem vir dit waarin hulle glo, en nie hul ore vir grootbekpraatjies uit te leen nie.”