Subscribe by Email

DA-plakkaat skok CDP

“In ‘n stadium wat die land ‘n nood aan groter moraliteit het, kom die DA met ‘n plakkaat wat duidelik losbandigheid bevorder,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Daar is talle ander maniere waarop die DA sy nie-rassige ideaal kon uitdruk, anders as deur ‘n plakkaat wat die boodskap van seksuele losbandigheid uitdra. Dié plakkaat is walglik en ‘n belediging vir talle jong mense, wit en swart, wat ‘n hoë premie op moraliteit plaas.

“In ‘n land wat so deur Vigs en die hoë vlakke van misdaad soos die hoë voorkoms van plaasmoorde vanjaar, dra hierdie plakkaat die teenoorgestelde boodskap aan die land uit as wat dit nou nodig het.”