Subscribe by Email

DA-parlementslid Glynnis Breytenbach keer terug hof toe

STpolglynis-28-03-2015-16-03-11-951-Die Demokratiese Alliansie se skaduminister van Justisie, Glynnis Breytenbach, moet vandag weer in Pretoria se landdroshof verskyn nadat haar oud-werkgewer, die Nasionale Vervolgingsgesag, haar van regsverydeling aangekla het. Die NVG sê sy het belangrike inligting van haar amptelike rekenaar gewis en geweier om dokumente te oorhandig wat verband gehou het met die ondersoek teen haar. Breytenbach en haar medebeskuldige, Gerhard Wagenaar, is tans uit op borgtog van tien duisend Rand.