Subscribe by Email

DA neem beheer oor van die hoofstad

sollySolly Msimanga is ingehuldig as die Demokratiese Alliansie se eerste burgemeester in die Tshwane-metro in Pretoria. Hy is onbestrede verkies. Die nuwe speaker is Rachel Mathebe, ook van die DA. Die raad se eerste sitting moes vroeër gestaak word toe dit duidelik geword het dat twee ANC-raadslede in wyk 89 in Soshanguve aangewys is, en die geskil is opgelos met Lucas Ngobeni wat bevestig is as raadslid.