Subscribe by Email

DA en die EVV gaan vandag koalisie-vennote in belangrike metro’s aankondig

ANC-EFF-DADie Demokratiese Alliansie en die Ekonomiese Vryheidsvegters gaan vandag koalisie-vennote in sleutel-metro’s aankondig. Die EVV word beskou as ‘n bepalende faktor in verskeie owerhede waar geen party ‘n beslissende meerderheid kon behaal in dié maand se plaaslike regeringsverkiesing nie. Die party sê hy wil ‘n stelsel hê wat meer aandag gee aan dienslewering as aan posisies. Politieke partye het na die verkiesing twee weke gekry om stadsrade saam te stel.