Subscribe by Email

DA betoog teen e-tol!

DA-ondersteuners het Donderdag voor die department van vervoer se hoofkantoor in Pretoria teen die e-tolstelsel betoog.

John Moodey, DA-leier in Gauteng, sê die DA beplan om hof toe te gaan om die e-tolstelsel op Gautengse paaie te laat skrap as die premier se panel dit aanbeveel.

Die DA-ondersteuners het plakkate rondgeswaai met woorde soos:  “Af met e-tolstelsel af”, “blaas jou toeter vir ‘n vry van e-tolstelsel in Gauteng” en “minister luister na jou premier”.

e-toll

Die doel van die betoging was om ‘n memorandum aan Dipuo Pieter, minister van vervoer, te oorhandig dat die regering die aanbevelings van die paneel wat David Makhura, Gautengse premier, aangestel het om dit te ondersoek, moet aanvaar.