Subscribe by Email

D-dag vir Shrien Dewani

Ashok Hindocha "Ons wag al vier jaar."

Ashok Hindocha “Ons wag al vier jaar.”

Die vermoorde Anni Dewani se oom, Ashok Hindocha sê hy respekteer die besluit dat die moordverhoor van Shrien Dewani nie regstreeks uitgesaai sal word nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag en Dewani se regspan het ooreengekom dat geen elektroniese opnames van die verhoor in die Wes-Kaapse Hooggeregshof geneem mag word nie.

Slegs foto’s en videogrepe sonder klank sal toegelaat word. Hindocha sê die feit dat die getuies, wat van regoor die wêreld geroep gaan word, nie die verhoor in die media kan volg nie, sal bydra tot die algehele regverdigheid van die saak.

Hindocha het gesê dat Annie se gesin wag al vier jaar vir die waarheid oor wat die aand van 13 November 2010 in Gugulethu gebeur het. “Ek is seker dat hy (Shrien) ‘n regverdige verhoor in Suid-Afrika sal kry en dit is nou die taak van die Suid-afrikaanse regstelsel om die waarheid vir ons uit te vind.”

Dewani staan in die Wes-Kaapse hooggeregshof tereg op aanklagte van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, regsverydeling en ‘n aanklag wat verband hou met die Wet op Oproerige Byeenkomste na die dood van y bruid, Anni, tydens hul wittebrood in Suid-Afrika.