Subscribe by Email

D-dag vir die Lions in die Super-eindstryd

Lions4LifeaDie Lions en die Hurricanes gaan vandag albei probeer om die titel die heel eerste keer in te palm wanneer hulle teen mekaar te staan kom in die eindstryd in Wellington, Nieu-Seeland. Die Lions speel in hulle heel eerste eindstryd en hoop om die eerste Suid-Afrikaanse span sedert die Bulls in 2010 te word om die reeks te wen. Die tuisspan het twee vorige eindstryde verloor. Die wedstryd skop net na half tien vanoggend af.