Subscribe by Email

Country Legendes in SA nog vol lewe!

Al ooit gewonder wat het geword van ons country musiek legendes in Suid Afrika? Wel, hulle is nog vol lewe, en daagliks aan die gang met vertonings regdeur die land.

Vir die van julle wat nou nie baby boomers is, en eers later jare die eerste lewenslig aanskou het, ek praat hier van kunstenaars soos Lance James, Tommy Dell, Barbara Ray, Billy Forest, Sally Vaughn, Jody Wane, Matt Hurter, Bobby Angel, Tommy Oliver, Clive Bruce et al.

Gryser, ouer, maar beslis nogsteeds aan die gang. Country musiek in Suid Afrika het effens stagneer in die 1990’s, maar volgens Mara van der Bergh, van Lance James promosies, is daar ‘n oplewing in Country Musiek deesdae, en groot aanvraag vir ons legendes.

Kraaipromosies is juis ook nou besig om ‘n groot Country Musiek dag te organiseer by die Sundown Ranch Hotel, so 5 km vanaf Sun City in Noordwes, waar jy meeste van hierdie legendes sal kan sien en hoor op 8 Mei 2010.

Tinka Meyer, die “Events Co-ordinator” by Sundown Ranch Hotel, reken dat sy die groen lig gekry het om kwartaaliks so ‘n fees aan te bied, afhangende van die sukses van hierdie eerste een.

Vir meer nuus daaroor, besoek gerus Kraaipromosies se webblad.