Subscribe by Email

Cosatu dreig, ons sal julle plase vat

tony ehrenreich

Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, Tony Ehrenreich, wil vandag saam met die plaaswerkersorganisasies ‘n nuuskonferensie hou om hul planne vir dié grootskaalse grondbesetting asook stakings in die Wes-Kaapse landbou, aan te kondig.

Cosatu en die plaaswerkers vra ‘n moratorium op uitsettings totdat die nuwe beleid oor vergoeding ten opsigte van grondhervorming afgehandel is.

Ehrenreich het ook die regering gevra om “dringend tussenbeide te tree” en die uitsettings stop te sit voordat dit in volskaalse konflik ontaard “soos ons al voorheen gesien het.”

Hy het gesê die regering het die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Esta-wetgewing) ingestel wat onbedoeld daartoe gelei het dat miljoene mense op plase uitgesit is.  “Die regering het niks daaraan gedoen toe hy op dié gevaar gewys is nie.”

Alan Winde, Wes-Kaapse minister van ekonomiese sake en landbou het by navraag gesê hy stem staam dat Nkwinti se “beleidsvoorstelle chaos in ons landboubedryf veroorsaak.”

Planne vir grondhervorming wat nou deur die regering aangekondig is het daartoe gelei dat baie meer mense van plase uitgesit word.

Die Wes-Kaapse regering veroordeel enige onwettige uitsettings ten sterkste.

Winde het gesê “Ons is uiters bekommerd oor die uitsettingsyfers wat deur die ANC gebruik word en het reeds verlede maand aan die department van landelike ontwikkeling en grondhervorming geskryf om die besonderhede met ons ted eel soda tons kan kyk waar ons werkers kan ondersteun.”

Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het gesê die regering het ook ‘n rol om die landbou, wat ‘n nasionale bate is, te ondersteun en te beskerm.

Wat aflegging van plaaswerkers betref. “is Agri Wes-Kaap nie bewus van enige onwettige uitsettings nie.”

One Response to Cosatu dreig, ons sal julle plase vat

  1. tom

    Oktober 12, 2014 at 5:33 am

    hallo zim