Subscribe by Email

Cosato gaan more voort met staatsdiens staking

Die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders het gewaarsku dat onderwysers wat hulle aan gewelddadige gedrag skuldig maak, van die rol geskrap sal word en nooit weer in die onderwys sal werk nie. Die raad het dit gesê te midde van die dreigende staatsdiens-staking en berigte van onderwysers wat by skole in die Vaaldriehoek en in Durban oproerig geraak het.

Cosatu-geaffilieerde vakbonde in die staatsdiens het die regering se hersiene salarisverhogingsaanbod verwerp en gaan van môre af staak. Vakbonde het tot ‘n rukkie gelede nog vergader oor hul salarisgeskil met die regering. Ontleders voorspel egter dat ‘n ooreenkoms steeds bereik kan word voordat sowat een-komma-drie-miljoen staatsdienswerkers met hul massa-optrede begin. Die president van die vakbond – Sadou – Thobile Ntola, sê daar sal ‘n totale stilstand wees van alle bedrywighede totdat die regering aan hul eise voldoen.