Subscribe by Email

Cope sê die SAUK maak ‘n vrye en regverdige verkiesing onmoontlik

LekotaPCongress of the People sê die bevestiging dat die SAUK besluit het om dekking aan die Ekonomiese Vryheidsvegters te beperk, maak ‘n vrye en regverdige verkiesing volgende maand onmoontlik. Partyleier Mosiuoa Lekota het aan TimesLive gesê Cope is nie geskok oor die onthullings wat die openbare uitsaaier se gewese waarnemende bestuurshoof, Jimi Matthews, die naweek gedoen het nie. Matthews het tydens ‘n televisie-onderhoud erken dat hy deel was van die besluit. Lekota sê die SAUK het voor 2009 en 2014 se verkiesings ‘n soortgelyke komplot teen Cope gesmee.

Die EVV het vroeër die SAUK se besluit oor dekking aan die party as duiwels beskryf en sê iemand by die korporasie moet gestraf word daaroor.