Subscribe by Email

Cope onttrek aan alle parlementêre bedrywighede

cope-dennis-bloemCongress of the People het besluit om te onttrek aan alle parlementêre bedrywighede omdat hy sê die ANC het geweier om teen Jacob Zuma op te tree na aanleiding van die Grondwethofbeslissing oor Nkandla. Die land se hoogste hof het bevind dat die president nagelaat het om die Grondwet na te kom toe hy nie Openbare Beskermer Thuli Madonsela se bevindings gehoorsaam het dat hy ‘n deel van die miljoene Rande se staatsgeld moet terugbetaal wat aan sy privaat landgoed bestee is nie. Woordvoerder Dennis Bloem sê Cope is vasberade om hom nie skuldig te maak aan deelname aan bedrywighede wat neerkom op minagting van die hof nie.