Subscribe by Email

Columbië sokkerspan beroof in hotelkamer in SA

Terwyl die Wêreldbeker sokkerspanne begin aankom in Suid-Afrika, is daar reeds kommer oor die misdaad in Suid-Afrika. Die sokkerspan van Columbië is Dinsdag beroof in hul hotelkamer by die Southern Sun hotel in Hyde Park.

Kolonel Eugene Opperman van die polisie sê dat die span met die terugkeer na hul hotelkamers na ’n uur lange oefensessie, ontdek het dat hulle beroof is.

Twee skoonmakers wat werksaam is by die hotel is in verband hiermee in hegtenis geneem en het Donderdag in die hof verskyn. Volgens die Times koerant, het hulle na bewering 21 000 Amerikaanse dollars (sowat 160 000 rand) gesteel vanuit die span se hotelkamers.

Die hofsaak is uitgestel tot volgende week.