Subscribe by Email

Coliseum boots leunende toring na

Die Coliseum in Rome is besig om te kantel, en die suidekant is nou sowat 40 cm laer as die noordekant.

Navorsers het die kanteling sowat ‘n jaar gelede opgemerk, en die afgelope paar maande is die 2 000 jaar oue struktuur fyn gemonitor

Kundiges stel nou ondersoek in om vas te stel of die struktuur dringende herstelwerk moet ondergaan. Kundiges, waaronder geoloë moet binne ‘n jaar verslag doen. Ondersoek word ook ingestel na die impak wat verbygaande verkeer op die oomblik op die struktuur het.

Die leunende toring van Pisa is in 2001 weer vir die publiek oopgestel na dit ‘n dekade lank herstelwerk ondergaan het om te keer dat dit omkantel.

http://www.guardian.co.uk/world/2012/jul/30/colosseum-rome-leaning-officials-say?INTCMP=SRCH

Foto: Ray Features

Herman Toerien