Subscribe by Email

Clive Derby-Lewis oorlede

2Clive Derby-Lewis is vanmiddag in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria oorlede aan longkanker. Hy het gevorderde longkanker gehad en is verlede maand geopereer om vog van sy longe te verwyder. Clive is verlede Woensdag in die hospitaal se noodsorgeenheid opgeneem nadat hy nuwe probleme met sy longe gekry het.

Derby-Lewis is kort voor die eerste demokratiese verkiesing in 1994 in hegtenis geneem. Hy en ‘n Poolse immigrant, Janusz Walus het saamgesweer om die SAKP-leier, Chris Hani te vermoor. Derby-Lewis was 80 jaar oud.

One Response to Clive Derby-Lewis oorlede

  1. Rens Roodt

    November 4, 2016 at 10:46 am

    My innige simpatie met die familie – n groot man in ons geskiedenis – sal hom altyd onthou