Subscribe by Email

Christene neem toe

Daar is nou amper weer net soveel Jode in die wêreld, 15 miljoen, as wat daar 70 jaar gelede voor die Joodse uitwissing deur die Nazi’s in die wêreld was.

Die Christendom is die godsdiens wat die vinnigste groei, terwyl mense wat hulself as agnostici en ateïste noem aan die afneem is. Volgens die jongste uitgawe van die International Bulletin for Missionary Research voeg daar elke dag 83 000 nuwe Christene hulle by die geledere van die 2,3 miljard mense wat hulself Christene noem. Die Islam staan op 1,8 miljard, terwyl die Hindoe-godsdiens die derde meeste aanhang geniet, op 568 miljoen, en daagliks met 37 000 toeneem.

Die verslag meld dat die Jode daagliks met 250 toeneem. Van 1970 tot nou het hulle van 11 miljoen tot 15 miljoen toegeneem.

Volgens die verslag het bekering min met die groei van godsdienste te doen, en is dit eerder regstreeks verbandhoudend met bevolkingsaanwas.

Dié verslag weerspreek bekeringsaansprake van verskeie ander bronne, onder meer van China Aid, wat daarop aanspraak dat die Christendom in China danksy bekering snel toeneem. Hiervolgens beloop die getal Christene in China reeds 130 miljoen, en het veral die afgelope tien jaar skerp toegeneem. Ander bronne stel die getal Christene in China nog veel hoër.

Volgens die Katolieke Inligtingsdiens in Nairobi het die aantal Christene in Sub-Sahara-Afrika van 1900 tot 2010 van 7 miljoen tot 470 miljoen toegeneem. In die ooreenstemmende tyd het die aantal Moslems in dieselfde gebied van 11 Miljoen tot 234 miljoen toegeneem.
Herman Toerien

One Response to Christene neem toe

  1. Herman

    Desember 7, 2011 at 11:29 am

    Ek twyfel dat ateisme afneem. Dit groei net stadiger want die mense word christene gebore maar jy moet ateisme kies