Subscribe by Email

Christchurch al deur 7 500 aardbewings geskud sedert grote

Sedert Christchurch in September verlede jaar deur ‘n grote van magnitude 7 geskud is, is die stad deur ‘n verdere 7 500 skuddings, skokke en trillings geteister. Die grootste lewensverlies en skade het in Februarie vanjaar voorgekom toe 181 mense omgekom en groot dele van die stad in puin gelê is. Hierdie skudding het magnitude 6,3 gemeet.

Die meeste ander skudding was wel lig en het min of geen skade aangerig nie, veroorsaak dit by baie inwoners stres.

Sedert die grote verlede jaar in Christchurch, was daar wêreldwyd minstens 14 aardebewings van magnitude 7 of sterker, waaronder die een van 9 wat Japan getref het.

Die huidige “reeks” van 7 of meer is op 24 Junie vanjaar ingelui toe ‘n skudding van 7,2 die Fox-eilande aan die skiereiland van Alaska geskud het. Dit is opgevolg deur een van 7,6 by die Kermadec-eilande suid van Tonga, en toe een van 7 by Honshu in Japan.

Die interessantheid van die skudding by die Kermadec-eilande is dat dit sedertdien deur ongeveer 30 naskokke van 5 of meer opgevolg is. Daarbenewens was daar ook ‘n groot aantal skuddings van 5 of meer in ‘n kring daaronder, wat ook Nieu-Seeland se Noord-eiland insluit.

Bykans alle beduidende, en selfs ligter skuddings vind op die sogenaamde Ring van Vuur om die Stille-Oseaan plaas. Twee vulkane, een in Chilie en een in Indonesië (foto) het ook op die Ring uitgebars, terwyl vulkane op Ysland en die Horing van Afrika ook vlugte beïnvloed het.

Oor die afgelope paar dae was daar ‘n paar beduidende aardbewings buite die Ring van Vuur, soos by die Baikalmeer in Siberië.

Op die kaart kan gesien word waar die afgelope week aardbewings van sterker as magnitude 2,5 voorgekom het.

Herman Toerien