Subscribe by Email

Chinese muur toe langer as voorheen gemeen

China se beroemde groot muur was veel langer as wat voorheen gemeen is, aldus die Chinese Administrasie vir Kultuurerfenis.

Volgens die jongste syfers was die muur amper 22 000 kilometer lank, waar die vorige beraming minder as 9 000 kilometer was.

Vir die eerste keer is die lengte bereken op sterkte van argeologiese uitgrawings eerder as historiese rekords, aldus Xinghua, die staatsbeheerde nuusagentskap.

Van die oorspronklike muur is net 8.2 % in ‘n goeie toestand.

Die muur het aanvanklik uit verskillende mure en grondwerke bestaan wat sedert 500 vC gebou is om noordelike invallers te stuit. Die dele in sowat 220 jaar voor Christus onder die keiserskap van Qin Shi Huang verbind.

Die muur het in 1987 ‘n Unesco-wêrelderfenisstatus verwerf.

http://www.bbc.co.uk/news/world-asia-china-18337039

Foto: Wikipedia
Herman Toerien