Subscribe by Email

Chinese Joernaliste in gewapende rooftog beroof

Met die afskop van die eerste wedstryd in die wêreldbeker in minder as 24 uur, is daar nog buitelandse joernaliste beroof in SA. ’n Gewapende bende het weggekom met geld en kameras van ’n groep Chinese joernaliste.

Die vier Chinese joernaliste was aangeval op pad terug na Johannesburg, toe hulle motor langs die pad gestop het.

Volgens die Beijing News is daar ’n klein bedrag kontant asook ’n kamera ter waarde van ongeveer R 11 600.00 gesteel vanaf die joernaliste. Die koerant sê dat dit ook ’n berig probeer bevestig dat daar in ’n ander aanval, ook ’n Beijing joernalis beroof is.

Die Konsulaat van China het ’n waarskuwing aan Chinese besoekers uitgestuur om paraat te wees in SA en nie groot bedrae kontant te dra nie.