Subscribe by Email

Chevy se Trailblazer 2.8 4X4

deur Marcel Upfold

Trailblazer_008Ons toets die: Chevrolet se Trailblazer 2.8D 4X4 LTZ

 

Eerste indrukke: Sonder om bevooroordeeld te wees, het ek die Trailblazer bekyk en ek moet eerlik wees ek was nie in ekstase nie. Die voorkant het my aan die vorige Captiva herinner en die agterkant aan een uit die kompetiese se stal. Die syaansig was iets waaroor ek gewonder het want dit was wigvormig en dit was duidelik dat die agterste sitplekke hoër as die voorstes is. Met die toekenning as beste “SNV” pakket vir 2013 (CAR Tydskrif) moes ek aanvaar dat Chev dit bereik het wat hulle by die Trailblazer se vrystellling ten doel gestel het. Alhoewel dit ‘n 7-sitplekker is sal ek maar wegskram met sewe mense aan boord op ‘n langerige reis. Met die drie rye sitplekke opgeslaan is die bagasie ruim redlik beperk. Die afwerking is goed en lewer ‘n gevoel van weelderigheid.

Die rit: Die Trailblazer se enjin is bietjie raserig wanneer koud, maar wanner warm is dit ‘n  stiller. Die krag tot gewig verhouding is goed en alhoewel die voertuig redelik swaar is (2160kg), kom jy dit nie sommer agter nie.

 

 

Tegniese “jargon”: Die 2776cc 4-silinder diesel turbo enjin lewer 132 kW krag @ 3800 rpm and wringkrag van 440 Nm @ 2000 rpm en dryf deur ‘n 5-spoed handrat transmissie deur 2 of 4 wiele. Die 18” Allooi wiele het 265/60 R18 bande op. Met ‘n gekombineerde verbruik van net oor die 9 ℓ/100km kan geeneen kla nie, gegewe dit is ‘n volledige 4X4 (2H, 4H & 4L).

 

 

Oepsies: Die enkel grootste oopsie is dat daar nie ‘n “keermuur” tussen die laairuim vloer en die middel ry sitplekke is wanner dié afgeslaan is nie. Bagasie kruip aldus vorentoe en val dan tussen die sitplekke en bagasieruimvloer in. Die vering is hard, tereg so dit is per slot van rekening ‘n 4X4.

 

Uitspraak: Uit hoofde van die toekenning, is dit seker bewys dat mens nie veel hoef te sê nie. As jy ‘n groot familie het sal die 7 sitplekke wel diens kan doen en die trekvermoë (2950kg rem ondersteunde) sal die saamsleep van ekstra pakplek geensins problematies wees nie. Gaan toets die Trailblazer by jou naaste handelaar en vind alles self uit.

 

Sleutel syfers*

Brandstof verbruik:                       9.0ℓ / 100km

Tenk grootte:                                  76 ℓ

CO2:                                                 259 g/km

Sitplek:                                            7

Bagasie ruim:                                205 – 1830

Diensplan:                                     5 jaar / 90 000km

Waarborg:                                       5 jaar / 120 000 km

Prys:                                                R463 600

 

*Verskaf deur: GMSA & Duoprta

 

Vol verslag besoek:  www.ultimatedrive.co.za

Vir enige verder inligting kontak Marcel Upfold by:  marcel@ultimatedrive.co.za