Subscribe by Email

Cheetahs veg punt los teen Blues

Die Cheetahs het teen die Blues gewys hy kan die houtlepel-status afskud deur die hoogaangeskrewe Nieu-Seelandse span hard vir ‘n oorwinning en bonuspunt te laat sweet.
Al het die Cheetahs net een punt – om met sewe punte of minder te verloor – in die sakkie bygekry, het die Blikore nou gewys dat hulle met enige span kan kompeteer – dié keer deur met die bal in hand te speel.
Volgende naweek kom die Cheetahs teen nog stywer teenstand – die Highlanders, te staan. Dan sal die besoekers nie net moet opdaag, soos hul kaptein verwag nie, maar op alle suiers moet vuur.
Die Cheetahs was dié seisoen reeds tot oorlopens toe met die pynpolisie haaks, en daar was reeds volop geleentheid vir die jonger garde om hul kleim te kom afsteek. Sommiges het die geleentheid met beide hande aangegryp, ander het dié geleentheid egter ook aangeslaan.
Wat saamgesels in vanjaar se reeks betref, is die geleentheid lank reeds verpas – dikwels deur die Cheretahs se eie toedoen. Die res van die reeks kan egter gebruik word om met eer uit die stryd te tree eerder as om ander spanne se pret gewoon te bederf.