Subscribe by Email

Chaos in Oos-Rand en dele van Johannesburg na wolkbreuk.

rainOorstromings het chaos in dele van Johannesburg en die Oos-Rand veroorsaak.

Op die OR Tambo-lughawe in Kempton Park, moes verskeie vlugte  na die Lanseria-lughawe en Durban herlei word, ná reën die aanloopbane oorstroom het.

Op die N3 naby Linksfield het minstens een persoon verdrink en is sowat 100 motors deur vloedwater meegesleur. ‘n Grensmuur by die Johannesburgse dieretuin het ineengestort, wat groot verkeersontwrigting op Jan Smutsrylaan veroorsaak het.

‘n Woordvoerder van die stad se nooddienste, Nana Radebe, sê hulle is op hoë gereedheid om mense by te staan.