Subscribe by Email

Chaos by sokker kaartjieverkooopspunte

Foto: The Daily Maverick

The Daily Maverick het vanoggend vroeg die chaos by een van die Wêreldbekersokker kaartjie verkoopspunte in Sandton gaan afneem. Hulle berig dat daar baie chaos was, waar ongeveer 1000 plaaslike sokkerondersteuners mekaar gestoot en gestamp het om eerste van die kaartjies op te raap. Blykbaar was daar geen polisie of skarebeheer in sig nie. Kyk gerus na die video, goedgunstelik verskaf deur The Daily Maverick, waar een vasberade ondersteuner na vore gestorm het, net om weer deur die massa mense teruggegooi te word, opstaan en weer probeer om voor by die kaartjiekantoor uit te kom.

One Response to Chaos by sokker kaartjieverkooopspunte

  1. ErickV

    April 15, 2010 at 9:11 am

    By rugby stadions, selfs met eind stryde, sal jy nooit so ‘n gaos sien nie.
    Maar elk geval, ek hoop al die lokale sokker onderstueners kry kaartjies te koop. Ek glo nie die oorsese onderstueners gaan veel belang stel nie.