Subscribe by Email

Chaos by padblokade op N12

Chaos het uitgebreek op die N12 na Potchefstroom, toe Johannesburgse metropolisie ’n sak met wapens, onder andere ’n AK47-aanvalsgeweer, tydens ’n roetine ondersoek by ’n padblokkade ontdek het.

’n Wit voertuig met getinte ruite was vanoggend vroeg om 1:40 vm gestop deur die polisie by ‘n padblokkade op die N12, vir ’n roetine ondersoek. Volgens die polisie het die insittendes van hierdie minibus voertuig baie senuweeagtig voorgekom en die polisie het besluit om die voertuig te deursoek.

Op die agterste sitplek het die polisiebeampte ’n wit sak ontdek, waarin ’n AK47-aanvalsgeweer was. Die sewe insittendes van die voertuig het daarop probeer om weg te hardloop. Een van die vlugtendes het omgedraai en ’n vuurwapen op die agtervolgende polisielede gerig, waarop die polisie op hom gevuur het en in die skouer gewond het. Die polisie kon daarin slaag om twee in hegtenis te neem, maar die ander vyf het verdwyn in die Freedom Park omgewing.

Binne-in die wit sak, is onder andere die AK47 gevind, asook ’n pistool en ’n groot hamer.  Die metropolisie woordvoerder, Wayne Minnaar sê dat hulle vermoed dat die verdagtes daarop uit was om ernstige misdaad te gaan pleeg en dat die swaar hamer ’n aanduiding kan wees dat hulle moontlik ’n transitoroof of bankteller-masjien roof beplan het.

One Response to Chaos by padblokade op N12

  1. Kuifie

    Mei 5, 2010 at 6:57 pm

    Hulle was op pad om te gaan werk….vanoggend vroeg om 1:40 vm? Ek dink die misdaadindustrie werk met nagskofte.