Subscribe by Email

Chad le Clos wen Suid-Afrika se tweede medalje in Rio

Chad-le-Clos-Michael-PhelpsDie swemmer Chad le Clos het Suid-Afrika se tweede medalje in Rio verower toe hy tweede gekom het in die 200 meter vryslag. Sun Yang, wat twee jaar gelede ‘n skorsing van drie maande uitgedien het vir die gebruik van ‘n verbode opkikker, het die eerste Sjinese swemmer geword om die nommer te wen toe hy dit afgelê het in een minuut 44,65 sekondes. Hy was die silwermedaljewenner op die Spele in Londen vier jaar gelede. Connor Dwyer van Amerika het brons ingepalm in Rio.

Le Clos en die Amerikaner Michael Phelps, wat gister sy neëntiende goue medalje gewen het, kom vroeg môreoggend Suid-Afrikaanse tyd teen mekaar te staan in die eindronde van die 200 vlinderslag. Phelps het in die derde vinnigste tyd gekwalifiseer en Le Clos in die vierde vinnigste tyd. Die Suid-Afrikaner het Phelps in Londen verslaan om goud te verower.