Subscribe by Email

Chad le Clos en Cameron van der Burgh beïndruk in Duitsland

chadcameronChad le Clos en Cameron van der Burgh van Suid-Afrika het albei twee medaljes verower op die tweede byeenkoms van die wêreldkampioenskap wat in die Duitse hoofstad, Berlyn, gehou is. Le Clos het goud gewen in die 50 en die 200 vlinderslag, en Van der Burgh goud in die 50 borsslag en brons in die 200. Katinka Hosszu van Hongarye het goud verower in die 200 vryslag, 200 rugslag én 200 individuel wisselslag, silwer in die 50 rugslag en brons in die 100 vlinderslag.