Subscribe by Email

Ceppwawu gaan sy staking in die petroleumbedryf verskerp

2744856Die vakbond Ceppwawu beplan vandag plakkaatbetogings by brandstof-depots en farmaseutiese maatskappye in Gauteng, Mpumalanga, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal na die besluit om die staking in die petroleumsektor te verskerp. Woordvoerder Simon Mofokeng sê die grootste betoging gaan na verwagting by Sasol op Secunda in Mpumalanga wees:

Die kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie sê die vakbond en die werkgewers-organisasie NPEA het ingestem tot ‘n bemiddelingsproses om ‘n oplossing vir die loongeskil te probeer kry. Die vakbond hou vol met sy eis vir nege persent terwyl die werkgewer sewe persent aanbied. Die bemiddelingsproses gaan na verwagting môre begin.