Subscribe by Email

Cell C se hoof is in die spervuur oor opmerkings oor vroue in die werksplek

Cell-C-Logo-PAY-OFF-BLACKDie uitvoerende hoof van die selfoondiensverskaffer Cell C, José Dos Santos, het verskoning gevra oor opmerkings wat hy oor vrouebemagtiging gemaak het, maar sê dit is buite verband aangehaal. Hy het tydens ‘n radio-onderhoud aangedui dat vroue ‘n groter verdraagsaamheid het om werksplek-kwessies te hanteer, maar dat dit maklik kan verander as hulle ongelukkig is. Dos Santos het ook gesê mooi vroue is ‘n bate vir ‘n maatskappy omdat dit mans aanmoedig om beter aan te trek en hulle beter te versorg. Sy opmerkings het ‘n storm op sosiale media veroorsaak omdat dit as seksisties gesien is.