Subscribe by Email

CDP wens Farlan-kommissie sterkte toe

“Ons wen die Farlankommissie van ondersoek na die Masrikana-skieter die Here se seën toe,” sê die Christen-Demokratiese Party (CDP) se woordvoerder, Linda Pretorius.

“Ons is wel effens teleurgesteld dat die gerapporteerde mandaat van die kommissie so eng is dat dit skynbaar die voorval moet ondersoek geïsoleerd van die breë Suid-Afrikaanse konteks.

“Ons beplan nietemin om ‘n voorlegging vir die kommissie op te stel om die feit te onderstreep dat dit weer eens duidelik geword het dat die land sy morele kompas kwyt is, en dat die regering misluk het in sy taak om na sy mense om te sien. Lewe het so goedkoop in die gemeenskap geword dat dit maklik is om daarvan ontslae te raak. Die onophoudelike stroom plaasmoorde, onopgeloste verkragtings, kindermolestering en klipgooiery, en nou die Lonmin-slagting is alles die vrug van besluite wat ons in hierdie jong demokrasie gemaak het. Almal vra die vraag oor hoe ons ons kan bevry van hierdie geweldseuwel wat die land in ‘n beergreep beet het?

Die antwoorde is voor die hand liggend:

Niks sal verander solank ons ongebore babas in die moederskoot doodmaak nie
Moordenaars kan nie met hul eie lewe betaal vir die lewe wat geneem is nie.
So lank as wat ons toelaat dat korrupte en immorele mense die land regeer sal niks verander nie
Ons moet erken die eksperiment met die nuwe Suid-Afrika misluk het en dat teruggekeer moet word na die beginsels wat die vreedsame oorgang van 1994 moontlik gemaak het.
“Ons moet op ons knieë gaan en om vergifnis vra vir wat ons gedoen het en terugkeer na die beproefde waardes en beginsels van die Bybel, sodat ons weer waarde aan lewe sal heg. Ons moet wegstaan van die sosialistiese en liberale waardes wat die euwels vastrapplek gegee het.”