Subscribe by Email

CDP verwelkom Ngubane se bedanking

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het die bedanking van dr. Ben Ngubane as voorsitter van die SAUK-rade verwelkom. Die CDP het gereageer op die nuus dat Ngubane en sy adjunk, Thami ka Plaatjie bedank het.

“Onder Ngubane se voorsitterskap het die SAUK, veral die TV, blatant verval om ‘His Master’s voice’-te wees, en selfs in die leierskapstryd in die ANC aktief aan pres. Jacob se verkiesingsveldtog tot herverkiesing deelgeneem.

“Dit het ongetwyfeld daartoe bygedra dat Suid-Afrika nog verder op die persvryheidsindeks teruggesak het,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Ons doen ‘n beroep op Zuma om die regte ding te doen en nou nuwe mense aan te stel wat weens hul kundigheid, en nie politieke dienstigheid nie, in die ampte hoort.

“Die demokrasie in Suid-Afrika word erg verskraal as die openbare uitsaaier sy politieke objektiwiteit nie gestand doen nie.”