Subscribe by Email

CDP veroordeel plaasmoord

“Ons is geskok om te verneem dat nog ‘n boer, Johan van Rensburg, in Limpopo vermoor is en sy vrou beseer is,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese party (CDP).

“Dit is hoog tyd dat die minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, uit haar de facto wegkruipery kom en plaasaanvalle in geen onseker terme veroordeel.

“Suid-Afrika se onlangse daling op die wêreldvredesindeks tot die 127ste plek was geen fout nie, en die regering se volstruispolitiekery oor die krisis bluf niemand nie.

“Ons doen ‘n beroep op die regering om sterker op te tree op die wilde verbale aanvalle op boere, veral vanuit die Jeugliga, aangesien dit die klimaat skep wat plaasaanvalle bevorder.

“Die CDP bid mev. Van Rensburg ‘n spoedige herstel toe, en die troos van die Here aan die naasbestaandes van mnr. Van Rensburg.”