Subscribe by Email

CDP reageer op SA se verdere daling op die korrupsiepersepsie-indeks

“Die Christen-demokratiese Party (CDP) is nie verbaas dat Suid-Afrika verder op Transparency International se korrupsiepersepsie-indeks teruggesak het nie,” aldus ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

Suid-Afrika het van die 64ste plek tot die 69ste teruggesak, na die land die vorige jaar met tien plekke teruggesak het.

“Dit beteken Suid-Afrika het onder die leiding van pres. Jacob Zuma sy posisie erg verswak, en het ‘n meer korrupte beeld as Lesotho, Ghana, Namibië en selfs Kuba. Van die Brics-lande is net Brasilië wat die 69de posisie met Suid-Afrika deel, nie Swakker af as Suid-Afrika nie. Rusland is in die 133ste posisie, terwyl China (80), en Indië (94) swakker vaar. Dit laat ‘n mens wonder of Brics ‘n ekonomiese vennootskap is, of ‘n korrupte verhouding behels.

Suid-Afrika deel sy posisie met Brasilië, wat sy posisie verbeter het.

“As die jongste bevinding nie genoeg is om die ANC sy nominasie van Zuma as president terug te trek nie, is dit moeilik om iets in te dink wat die A NC as erg genoeg sal beskou om dit wel te doen.

“In die konteks van die land se ekonomiese probleme is die jongste daling ‘n ramp.”