Subscribe by Email

CDP reageer op SA se tuimeling op die persvryheidsindeks

“Die Christen-Demokratise Party (CDP) is hoegenaamd nie verbaas dat die land tien plekke tot die 52ste posisie op Verslaggewers Sonder Grense se persvryheidsindeks teruggesak het nie.” Sê Ds, Thenis Botha, leier van die CDP.

“Ons het verwag dat die land agteruit sou boer weens die regering se hardkoppige volharding met die snoerwetgewing, maar ons glo dat ander aspekte soos die SABC TV se beeldpoetsery van pres. Jacob Zuma tot die lak dat dit effektief aan die Mangaung-leierskapstryd deelgeneem het, dreigemente oor staatsadvertensies en ‘n gebrek aan die weergee van politieke diversiteit in die media het alles tot die kreeftegang bygedra.

“Namibië, wat sy posisie tot die 19de posisie en die beste in Afrika verbeter het, toon waar ‘n land met ‘n grondwet soos dié van Suid-Afrika behoort te vaar. Trouens, Suid-Afrika se posisie skep ernstige vrae oor die mate waartoe die grondwet toegepas word en waartoe die grondwet beskerm kan word.

“Die daling sal byna vir seker veroorsaak dat die land ook op ander indekse soos die korrupsie-persepsie-indeks agteruit sal boer.”