Subscribe by Email

CDP reageer op SA se kreeftegang op persvryheidsindeks

CDP reageer op SA se kreeftegang op persvryheidsindeks

“’n Regering kan nie maar net aanhou die verkeerde seine oor persvryheid uitstuur, en nie ook verwag om die gevolge te dra nie,” aldus ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) in sy reaksie op die nuus dat Suid-Afrika nog verder op die persvryheidsindeks die kreeftegang gegaan het.

Suid-Afrika beklee nou saam met Botswana die 42de plek op Verslaggewers Sonder Grense se jongste indeks wat vandag uitgereik is, na dit verlede jaar op 38ste gestaan het. . Die land word nou deur die Kaap Verde (9), Namibië (20), Mali (25), Niger (29) en Ghana (41) op die indeks geklop, na die land nog in 2003 die 21ste posisie beklee het en die mees persvrye land op die kontinent was.

“Die beoogde wet op staatsinligting, die beoogde mediatribunaal en planne om sekere joernaliste en media deur ‘n agentskap te laat monitor het ‘n rol gespeel om Suid-Afrika se posisie te verswak. Ongelukkig tas dit beleggersvertroue aan omdat dit as pogings vertolk word om korrupsie toe te smeer.

“Ons media en die burgery verdien veel beter as dit,” aldus Botha.