Subscribe by Email

CDP reageer op MvBride se grondwetlike teenspoed

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) meen die belangwekkende uitspraak van die Grondwetlike Hof oor die McBride-aangeleentheid is belangrik in die sin van:

Dat dit nie die wandade deur wat politieke revolusionêre teen onskuldige burgers van die land gepleeg is in die niet laat verdwyn nie
Dat dit ‘n morele verpligting op die media plaas om voorvalle, gebeurtenisse en selfs die aksies van revolusionêre in ‘n behoorlike en objektiewe perspektief moet plaas.
Dr. Christo Landman, Grondwetwoordvoerder van die CDP, sê volgens die CDP het McBride politieke immuniteit vir wandade gekry, maar sy rekord sal altyd aantoon dat hy dade gepleeg het wat onder normale omstandighede as ernstige misdade beskou sou wees.

“Die CDP ondersteun persvryheid om feitelik en objektief te rapporteer, maar meen tog dat die media dikwels in propaganda eerder as objektiewe verslaggewing verstrengel raak.

Dr. Christo Landman

Woordvoerder Grondwetlike sake