Subscribe by Email

CDP reageer op gewelddadige betogings

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het sy kommer uitgespreek oor die gewelddadige betogings wat in Kaapstad losgebars het, asook elders in die land. “Dit is nou winter met die een storm na die ander wat die Kaap teister, en om paaie te versper en op ander maniere die werk van nooddienste te belemmer is uiters onverantwoordelik,” sê die CDP se woordvoerder, Linda Pretorius. “Die instroming van mense na stedelike gebiede plaas stedelike munisipaliteite in Suid-Afrika al baie lank onder druk, en dis soms baie moeilik om voor te bly met die voorsiening van dienste. Weens dreigemente van veral die ANCYL om die Wes-Kaap, wat nie onder ANC-bewind is nie, onregeerbaar te maak is daar egter altyd die vermoede dat die oproer in die omgewing van Kaapstad en elders in die Wes-Kaap met ‘n politieke agenda bedryf word. “Ons doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om alle vreedsame, demokratiese metodes aan te wend om hul lot te verbeter. Dit sluit in om hul stemreg te gebruik om van onbevoegde en korrupte regeerders ontslae te raak. Geweld doen egter meer skade aan hul saak.” ie Christen-Demokratiese Party (CDP) het sy kommer uitgespreek oor die gewelddadige betogings wat in Kaapstad losgebars het, asook elders in die land. “Dit is nou winter met die een storm na die ander wat die Kaap teister, en om paaie te versper en op ander maniere die werk van nooddienste te belemmer is uiters onverantwoordelik,” sê die CDP se woordvoerder, Linda Pretorius. “Die instroming van mense na stedelike gebiede plaas stedelike munisipaliteite in Suid-Afrika al baie lank onder druk, en dis soms baie moeilik om voor te bly met die voorsiening van dienste. Weens dreigemente van veral die ANCYL om die Wes-Kaap, wat nie onder ANC-bewind is nie, onregeerbaar te maak is daar egter altyd die vermoede dat die oproer in die omgewing van Kaapstad en elders in die Wes-Kaap met ‘n politieke agenda bedryf word. “Ons doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om alle vreedsame, demokratiese metodes aan te wend om hul lot te verbeter. Dit sluit in om hul stemreg te gebruik om van onbevoegde en korrupte regeerders ontslae te raak. Geweld doen egter meer skade aan hul saak.”