Subscribe by Email

CDP reageer oor Johan Kotzé-geval

CDP reageer oor Johan Kotzé-geval

“Die Christen-Demokratiese Party (CDP) is saam met die res van Suid-Afrika verheug dat die verdagte, Johan Kotzé, aangekeer is na die moord op sy stiefseun en die beweerde verkragting en verminking van sy gewese vrou, deur werkers” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Die openbare reaksie oor die Kotzé-sage dui aan dat die mense van Suid-Afrika nog omgee en instinktief dit wat verkeerd is in die samelewing verwyder wil sien.

“Dit moet egter ook nie uit die oog verloor word nie dat daar statistiese gesproke sedert die begin van die jaar reeds sowat 600 mense in Suid-Afrika vermoor, en sowat 2 000 mense reeds klagtes van seksuele aanranding soos verkragting by die polisie gelê het nie.

Die vangnet van moraliteit moet egter so dig wees dat ons ons land se skrikwekkende misdaadsyfers kan afbring.

“Dit beteken dat die regering die voorbeeld moet stel. Selfs die sogenaamde goeie nuus, soos dat die persepsie van korrupsie in die land erger is as die werklikheid – dat ‘net’ 20 persent van die amptenare korrup is – is eintlik baie slegte nuus.

“Ons vertrou dat die klein saadjie wat in reaksie op die ANC se animistiese eeufeesrituele gesaai is deur die hele land sal suurdeeg en dat mense sal leef ooreenkomstig die Christelike geloof waarop die meerderheid aanspraak maak dat hulle aanhang.”