Subscribe by Email

CDP oor Zuma se volgende huwelik

“Pres. Jacob se komende huwelik en uitbreidende veelwywery raak nou so algemeen soos sy vreemde godsdiensuitsprake, en bisarre uitsprake oor die grondwet en die regspraak. Dit dra egter ook by tot die toenemende verleentheid vir die land in die wêreldgemeenskap,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Soos daar geen salf te smeer is aan Zuma se verbintenis tot veelwywery nie, so is verantwoordelike presidentskap skynbaar bloot buite sy begripsvermoë. Pas het een van sy ministers, dr. Blade Nzimande, die grondwetlike demokrasie na die maan gestuur deur te verklaar dat die meerderheid sal regeer en dat die grondwet nie sal verhinder dat die meerderheidswil sal seëvier nie.

“Dr. Nzimande, as minister, het trou aan die grondwet beloof en behoort summier afgedank te word. Dieselfde geld vir Zuma wat ook die onderhandelde skikking as opofferbaar vir die rewolusie beskou.

“Zuma en ‘n groot deel van sy kabinet is niks anders as verleenthede vir die land nie, en is nie geskik om die land te lei nie.”