Subscribe by Email

CDP oor Vryheidsdag

“As die voormalige redakteur van die New Age en Die Burger, Henry Jeffreys, die vraag vra of daar enige sotte is wat Vryheidsdag gaan vir, moet ‘n mens besin oor of vryheid nie diep min die moeilikheid is nie,” aldus Richard Botha van die Christen-Demokratiese Party b(CDP).

“Die Open Society-stigting het onlangs bevind dat Suid-Afrika nou minder vry is as twee jaar gelede. Hierdie stelling word ook deur ander bevindings gestaaf. Binne twee jaar het Suid-Afrika van die 33ste posisie op die persvryheidsindeks na die 42ste teruggesak, en is ses Afrikalande, waaronder Tanzanië, beter daaraan toe.

“Suid-Afrika beklee nou die 64de plek op die korrupsiepersepsie-indeks, na dit in een jar met tien plekke getuimel het. Die Wêreldbank meen korrupsie beroof ‘n land van sy toekoms.

“Een en twintig jaar na die laaste apartheidswetgewing geskrap is, is die ANC-regering van mening dat dit nog rassediskriminerende praktyke moet verstewig.

“Julius Malema is uiteindelik uit die ANC geskop, maar die ANC het nog nie die appèl teen Malema se skuldigbevinding in die gelykheidshof een haatspraak laat vaar nie. Gevolglik is vlakke van polarisasie hoog, maar erger nog, dit lyk nie of dit die ANC-ringkoppe pla nie, soos blyk uit plek- en straatnaamsveranderings terwyl daar ander opsies beskikbaar is.

“Deurlopende aanvalle word op die beginsel van grondwetlike demokrasie geloods en dit klink of die ANC ten gunste is van wat die politieke wetenskaplikes die diktatuur van die meerderheid noem.

“Hierdie Vryheidsdag word gevier te midde van die meeste aanduidings ooit dat die grafskrif eensydig oor die Kemptonparkse Akkoord geskryf is, en met rewolusionêre retoriek vervang word.”