Subscribe by Email

CDP ontsteld oor polisiebrouwerk

“Ons is baie ontsteld omdat swak polisiewerk volgens aanduidings daarvoor verantwoordelik was dat tien verdagte plaasaanvallers vrygespreek is,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP). Hy het geregeer op die vryspraak van tien verdagtes wat van die wrede aanval op die verlamde mev. Nellie van Rensburg en haar bejaarde ma, mev. Martha van den Berg op hul plaas by Rosendal aangekla is.
“Dit gebeur ongelukkig te veel dat voorsittende beamptes swak polisiewerk die skuld gee dat verdagtes vrygespreek moet word. In ons regstelsel kan iemand nie skuldig bevind word sonder behoorlike bewyse nie, maar as brouwerk die aanbied van bewyse dwarsboom, is daar ‘n groot skroef los.
“Al dui statistiek op ‘n afname van plaasmoorde, was daar vanjaar in die week na pres. Jacob Zuma se staatsrede gemiddeld ‘n plaasmoord per dag. Onlangs is ‘n jong boer van KwaZulu-Natal met ‘n mes doodgesteek terwyl hy met sy dogtertjie in die arms probeer vlug het.”