Subscribe by Email

CDP kap adjunk-minister oor Israel-uitlating

“Die CDP voeg sy stem by dié van die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap in sy afkeer oor die verklaring van adjunk-minister Ebrahim Patel wat Suid-Afrikaners afgeraai het om Israel te besoek.” So sê Linda Pretorius, woordvoerder van die Christen-Demokratiese Party.

“Ons woon in ‘n land waarvan ongeveer 80 % van die bevolking Christene is wat sterk wortels met Israel het. Baie Suid-Afrikaners wil graag die land besoek waar Christus gewoon en gewandel het. Deur te probeer om Suid-Afrikaners af te raai om Israel te besoek ontmoedig die minister mense om ‘n besoek te bring wat hulle as ‘n pelgrimstog beskou.

“Is dié saak te berde gebring sodat die adjunk-minister van samewerkende regering kon toon dat Suid-Afrika ‘n onwettige terreurbeweging soos Hamas steun eerder as die wettige regering van Israel?

“Suid-Afrika behoort hom eerder vir versoening te beywer as om sy steun toe te sê aan hulle wat dit duidelik maak dat hulle Israel nie sy bestaansreg gun nie.”

2 Responses to CDP kap adjunk-minister oor Israel-uitlating

  1. Anton

    Augustus 14, 2014 at 8:34 pm

    Ek sou wat wou gee om na Israel toe te gaan saam met my familie.

    Ebrahim Patel is ‘n moslem. Die leierskorp van Suid Afrika verteenwoordig nie die meerderheid nie (Hoeveel van hulle is moslems?). Dit voel vir my of ons regering (ANC) blind is vir die Islam beweging (of dalk bang). Ebrahim is nie objektief nie en kan nie so n verklaring maak nie. Hy is n minister. In die aangeleentheid t.o.v. Israel verteenwoordig hy die moslems, hy het nie n keuse nie.

    Ek ondersteun nie verdrukking of oorloë nie maar wat in in die GAZA strook plaasvind en ook Sirië en Nigerie is n direkte resultaat van ISLAM.

    Alle vry lande gaan n stand moet inneem.

    Israel doen dit klaar. Dis ‘n jammerte dat Palistina nog nie die UN ingeroep het om van Hammas ontslae te raak nie!

  2. Barry Tracy

    Augustus 24, 2012 at 2:59 am

    Ek stem geheel en beveel u vir u ondersteuning van Israel. Van New York.