Subscribe by Email

CDP herdenk Wêreld-wetenskapdag vir Vrede en Ontwikkeling

“Die CDP gedenk môre, 10 November die Wêreld-wetenskapdag vir Vrede en Ontwikkeling met ‘n gedempte gemoed in die wete dat Suid-Afrika pas deur die Wêreld-ekonomiese forum laaste vir wetenskap- en wiskundeonderrig uit 66 lande gemeet is.

“Ons besef dit is nou eksamen in die suidelike halfrond en dat besondere aksies nou ontwrigtend sou inwerk, maar sou graag ‘meer bemarking van die tema in Suid-Afrika wou sien,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Môre se Unesco-viering word volgende week gevolg deur die VN se week vir Wetenskap en vrede. Hierdie vierings het ten doel om dit te beklemtoon dat die wetenskap nie in isolasie staan nie, maar ook hoër doelwitte het, maar vir die regte redes aangewend moet word. Hierdie vieringe is dus aanvullend tot die wetenskapweek wat Suid-Afrika jaarliks vier, en wat vanjaar van 30 Julie tot 4 Augustus gehou is.

“Deur die komende vieringe bloot ongesiens te laat verbygaan word ‘n belangrike geleentheid verpas om Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskapopleiding tot ‘n meer aanvaarbare vlak te lig.”