Subscribe by Email

CDP gekant teen Zim-lening

“Die Christen-Demokratiese Party (CDP) is absoluut gekant daarteen dat Suid-Afrika geld aan Zimbabwe leen,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Op die oomblik besin die appèlhof nog oor ‘n Zimbabwiese appèl teen ‘n Hooggeregshofbeslissing dat beslag gelê mag word op eiendom van die Zimbabwiese regering as skadevergoeding aan boere op wie se grond die regering van Robert Mugabe afgevat het. Dit is om uitvoering te gee aan ‘n beslissing van die SAOG-tribunaal dat Zimbabwe die boere moet kompenseer.

“Om nou selfs net te luister na die versoeke om hulp van die Zimbabwiese regering kom op minagting van die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse regbank neer,” sê Botha.